DEGNOS Logo

Gaan en maak dissipels onder alle volke en nasies en leer hulle om te onderhou wat Jesus vir julle geleer het.

In Mat. 28 lees ons Jesus se laaste opdrag voor sy hemelvaart is om dissipels te gaan maak. Die logiese uitvloei van die proses is dat die dissipels wat gemaak is weer dissipels moet gaan maak . Anders het ons hulle mos nie geleer soos Jesus ons geleer het nie!

Vanaf Saterdagoggend stoei ’n groep Boesman gelowiges met die vraag: Hoe maak ons: om dissipels te gaan maak wat ook dissipels maak?

Daar is 4 verskillende Boesman tale teenwoordig in die klas en party verstaan net Afrikaans en party net Engels.

Die begrippe is moeilik en daar is ’n konstante oor en weer getolk. Die wat nie-Afrikaans verstaan nie gee terugvoer in Engels, maar nie een van die Ju//oansi student verstaan Engels nie, dan tolk Amon van Engels na !Kung en dan verstaan party darem so gedeeltelik.

Saam, werk ons hard aan ’n oplossing om die Vaste Fondamente reeks in ’n maklik oordraagbare vorm te kry.

Dit is moeilik want die mense bou nie steen huise nie, party bly in grashuise en ander in sink huise, nog ander bly in stok huise waarvan die mure ingevul word met klei en wat ’n grasdak bo-op kry. En die wat regtig nie boumateriaal het nie gooi ou lappe oor n raam en maak sodoende ‘n huis.

Grashuis op Nhoma
Ds. Shotty se huis op Kanovlei
Huis gebou met ou klere – KhomKhaus

Ons soek saam na woorde en maniere van verduidelik waarmee hierdie agt mans en een vrou kan  teruggaan na hulle mense toe om die evangelie te gaan verduidelik in hul elk een se moedertaal.

Dissipels is ook ’n moeilike woord en nog meer so “dissipelmakers”.  

Jagter op Nhoma

Die groep besluit om die voorbeeld van ’n jagter te gebruik.

Dit help nie iemand sê hy is ’n jagter, (dissipel) en dat hy mooi geleer het om ’n jagter(dissipel) te wees, maar hy bring nooit vleis huis toe nie (nie ’n dissipel maker nie).

Die vraag kom op: Hoe leer ons die mense? – en weer word daar ’n eie leef wêreld antwoord bewerk.

Die mense moet geleer word soos die vrouens die kinders leer om veldkos te gaan haal. Die vrouens leer die jong mense wat is goed en wat is giftig, hulle leer die kinders waar om die kos te soek en hoe om die kos te gebruik.

Dit is ’n lang, maar noodsaaklike proses waarmee ons besig is. Die Woord moet verstaanbaar wees in tale wat nie dieselfde begrippe en woorde het as Afrikaans nie.

Ons sukkel met woorde soos Here en slaaf, maar ons gaan voort. Ons soek maniere om vaslegging te doen, en om weer te gaan oordra aan ander, en alles word oor en oor getolk.

Hierdie groep fasiliteerders  het ’n enorme taak voor hulle, maar dit is ook bitter noodsaaklik. Die Boesman gelowiges word konstant gekonfronteer met allerhande valse leerstellings en die enigste manier om hulle teen die twee been wolwe beskerming te gee, is kennis van die Woord.

Die Woord is nog nie in !Kung, Ju//oansi, Hai//om of Kwedam beskikbaar nie, en die mense is ongeletterd. Die rol van die leermeesters om teks oor te sit in verstaanbare woorde is verskriklik belangrik.

Wanneer ons in ‘n taal praat wat mense kan verstaan praat ons met mense se koppe, maar wanneer ons in iemand se moedertaal praat, dan praat ons met sy hart!

Gert verduidelik aan Ds. Leviet hoe ‘n jagter moet leer om raak te skiet
Ds. N!aici Komtsa van Aasvoëlnes verduidelik die Evangelie boodskap aan die klas

Categories:

Tags:

One response

Leave a Reply to Rinie Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *