Omega Church Service
DEGNOS Logo

Tussen die Kavango Rivier en die Kwando rivier lê die BwaBwata Nassionale park. BwaBwata beteken die plek waar die water borrel. Hierdie is die tradisionele blyplek van die Rivier Boesmans, die Barakwena soos hulle in Portugues bekend staan of soos ons hul ken – Die Kwê.

Kwê beteken “Mense” in Kwêdam, die taal van die mens mense.

In September van 2020 tydens n besoek aan die Wes Caprivi dring die besef deur dat hierdie is n gemeente wat totaal en al verval het. Saam met Josef Kapinga ry ons van ouderling na ouderling en kry ons iedere en n elk van die ouderlinge op moedverloor se vlaktes. Die las het te swaar geword en die geestelikke leiers het saam terug geval in die wêreld.

Die een na die ander word by a sjebeen ge gaan uithaal en hulle word herinner aan die taak waarvoor hulle afgesonder is, die taak wat die Here hulle opgelê het. Baklei en tug sal nou niks help nie, die mense was alleen, en hulle het moed verloor. Nou is dit die tyd om mense aan te moedig, en te herinner. Die een na die ander word in gebed aan die Here opgedra. Want dit is net God wat die harte van mense kan verander en dit is net God wat mense kan oortuig om weer die tuig op te neem.

Daar word die eerste kerkraad vergadering gehou onder n boom by Dije. Slegs drie ouderlinge is teenwoordig en almal wil weet waar is hulle geld, almal wil weet wanneer kry hulle weer gratis kos en klere, wanneer word daar weer n bees geslag.

Die geestelikke leiers het verval in afgodsdiens. Hulle is net bereid om te werk as dissipels as hulle daarvoor betaal word. Ek maak aan hulle n skriftelikke belofte, ek wat Andries Gous is sal vir hulle niks bring nie, as die Here iets stuur saam met my, sal ek dit saambring maar ek self sal niks anders as die Woord van die Here vir hulle bring nie.

Ek verlaat die Caprivi, en ek is baie mismoedig. Op plekke soos Mashambo, Posha, Pipho, Omega 3, Chetto, Dije en Mushangara is die kerk dood. En op ‘n plek soos Omega is die teenwoordigheid van die Bose tasbaar teenwoordig.

Hoe is dit moontlik dat die Kerk heeltemal tot stilstand gekom het?

Op Muchiko en Dije is daar darem so effens hoop. Op Muchiko het Josef Kapinga aangegaan met ‘n kerk by sy huis en op Dije het Renate Dixon aangegaan met n soort van bediening.

Vir meer as 20 jaar is daar egter geen nagmaal gehou nie en is daar geen persoon gedoop nie.

DEGNOS begin met n program van gereelde besoeke om die polse en knieë van die ouderlinge sterk te maak.

Die tweede kerkraadsvergadering is daar ses mense, die derde een is daar sewe en toe met die laaste vergadering is daar 13 ouderlinge.

Kerkraads vergadering Mei 2022
Kerkraad Sept 2020
Kerkraad Nov 2022

Hoe het dit gebeur – wel op geen ander manier as deur die genade van ons Here. Die Here Jesus hou self sy liggaam instand, en Hy gebruik mense om saam met Hom te werk.

Daar was groot geleenthede, daar was die eerste nagmaal in ‘n lang tyd wat gehou is. Wes Caprivi het sy eie Ds. gekry, kerkraadsvergaderings is gehou. vaste fondamente opleiding is aangebied, evangelisasie is gedoen, jeugwerkers is opgelei en mense is bemoedig.

Eerste Nagmaaal na meer as 20 jaar.

Waar daar net op twee plekke dienste gehou was, word daar nou weer elke sondag eredienste gehou op Mushangara, Muchiko, Dije, Omega#1, Chetto, Pipoh, Omega #3 en by Mashambo.

Voorwaar kan ons getuig daarvan dat die Here sy Kerk self in stand hou.

Sondag erediens op Muchiko

Tags:

One response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *