Goeie more liewe vriende van DEGNOS.
Hierdie week wat verby is, was propvol met opleidings geleenthede. Eers het ek self opleiding ontvang in Hentiesbaai by Ds. Ivan Skinner van die organisasie The Word Transform, en daarna het ek die voorreg gehad om n kort oorsigtelike Vaste Fondamente aan te bied aan lidmate van die NG Kerk Otjiwarongo. Dit was voorwaar ‘n geseënde geleentheid en is dankbaar dat Otjiwarongo gemeente my die geleentheid gegun het.
Die skole is ook almal weer volstoom aan die gang en Riana en Isak het al 16 die skole besoek, kos afgelewer en die onderwysers bemoedig.
Baie goeie nuus uit Mangeti Duin is dat Ds. Isaac Chameia wat die VF fasiliteerders kursus bygewoon het, het dadelik begin om die VF materiaal te gebruik om n Jeug bediening aan die gang te kry. Daar het 31 jong tieners op Mangeti duin ingeskryf vir die klasse. Die klasse word twee keer per week naamlik Maandae en Donderdae aangebied. Ds, Isaac berig ook dat die afgelope Sondag was daar 61 kinders op Mangeti Duin in die kerk.
Verdere fantastiese nuus is dat daar n span van 4 leraars van Elcin (Lutherse Kerk) op Mangeti duin was om opleiding aan geestelike leiers van alle denominasies aan te bied. Tydens die geleentheid het ons eie Ds. Amon Petrus vir hulle getolk. Die Elcin leraars het hulle lidmate aangemoedig om die eredienste van die NG kerk by te woon aangesien hulle geen leraars in Boesmanland het nie. Oor denominasie grense heen is daar net een Liggaam van Christus.
Ons begin vanoggend met ‘n Kerkraadsvergadering op Tsumkwe en Donderdag hou ons n kerkraadsvergadering op Luhebu Noord.
DEGNOS met die hulp van CEF en die San predikante en kerkrade het van twee jaar terug af baie werk gedoen om die jeug te bereik, en ons sit in afwagting om te sien hoe die Here dit gaan gebruik binne in die DEGNOS bedienings area.
Voorbidding
- Vir die fasiliteerders van VF wat opgelei is om hulle mense te leer.
- Vir Otjiwarongo gemeente wat eerskomende Dinsdag begin met in diepte Vaste Fondamente opleiding aangebied deur Ds. Hector Jooste.
- Vir die Kerkraadsvergaderings van Tsumkwe en Luhebu Noord gemeentes.
- Vir die bediening onder die jeug in Boesmanland. Veral vir die jeugwerkers wat almal vrywillig so hart werk in Boesmanland.
- Vir elke een van die medewerkers in die DEGNOS bediening – 27 Onderwysers, 13 Predikante, 22 Jeugwerkers, 11 VF Fasiliteerders, 90+Kerkraadslede; 5 Degnos kantoor personeel en elke een van die dissipelmakers onder die gelowiges.
DEGNOS Groete
Andries namens die DEGNOS span

No responses yet